|
Die
liedjie wat speel se naam is --- 'n dRukkie

Mika
van der Merwe is
'n uitstekende sangeres / liedjieskrywer met vele ander talente wat
insluit buikspraak en dan was sy ook al die aanbieder van haar eie
program op die radio. Die afgelope 9 jaar is sy
ook besig met optredes landwyd , ateljee werk en het ook al haar
verskyning gemaak in die televisie program " Dis hoe dit is met
Steve ".
Mika
het
al by feeste dwars oor Suid-Afrika o.a. Die Kalahari-kuierfees,
mini-Afrikaanse Skouspel, Oktoberfees, Oesterfees, Aardklop, KKNK,
Rittelfees, Blouwaterbaai, Vleisfees, Blommefees, Sandfees, sowel as 'n
groot verskeidenheid ander feeste, verskeie landbouskoue,
fondsinsamelings, damesoggende, restaurante, teaters, troues en ook al
as deel van die Maak 'n Las roadshow, opgetree. Daar was verskeie
geleenthede waar sy ook die verhoog met van ons land se voorste
kunstenaars gedeel het , soos bv. Eden, Juanita du Plessis, Kurt Darren,
Arno Jordaan, Gerrie Pretorius, DJ Ossewa, Die
Campbells
en Steve om maar net 'n paar te noem.
Haar
cd met die titel "Hey Toktokkie" doen baie goed en haar nuwe
cd met die titel " 'n dRukkie " is nou op die winkelrakke.
Besoek
haar webblad www.mikamika.co.za
en besprekings
kan
gedoen word by
Ian
083 456 1949 of per epos by info@feestyd.co.za
|